Rina Venter

Rina Venter

Minister van Gesondheid
Ampstermyn
1989 – 1994
President Frederik Willem de Klerk
Voorafgegaan deur Willie van Niekerk
Opgevolg deur Nkosazana Dlamini-Zuma

Persoonlike besonderhede
Gebore 9 Desember 1938 (1938-12-09)

Dr. Elizabeth "Rina" Venter (gebore 9 Desember 1938, Krugersdorp) was die minister van nasionale gesondheid en gesonheidsontwikkeling van Suid-Afrika vanaf 1989 tot 1994.[1] Nadat sy matrikuleer het aan Hoërskool Carletonville, het sy aan die Universiteit van Pretoria Sosiale Wetenskappe studeer. Na haar studies, was sy vir 20 jaar werksaam as maatskaplike werker.[2]

Sy het gedien in die Nasionale Partyregering van FW de Klerk,[3] en was die eerste vrou in die Suid-Afrikaanse geskiedenis met 'n pos in die kabinet.[4] Die ondervinding wat Venter opgedoen het was onder andere gesinsorganisering, bystand aan ongehude moeders, aannemingswerk, groepwerk met gedragsmoeilike dogters, alkoholisme, huweliksberading, beleidsontwikkeling, finansiële beplanning en organisering van maatskaplike dienste. Sedert 1980 tot 1984 was Venter die presidente van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie, roterende voorsitter van die Federale Vroueraad, asook voorsitster van die Federale Vroueraad-Volksbelang ('n koördineringsraad van 28 Afrikaanse vroue).


  1. Vlok, Marie E. (1991). Manual of Nursing (9th uitg.). Cape Town: Juta. p. 99. ISBN 978-0-7021-2521-8.
  2. http://www.insurance-times.net/article/dr-rina-venter-minister-national-health-and-population-development.
  3. http://www.aljazeera.com/indepth/opinion/2012/06/201265112355558115.html.
  4. Meyer, Jani (10 Oktober 2004). "The Aids plan that never saw light of day". Sunday Tribune (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2010. Besoek op 20 Julie 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search